12 Voordele om “single” te wees!

Om single te wees is vir my persoonlik en uit my ervaring, een van die belangrikste gedeeltes van menslike ontwikkeling en groei wat daar is.  Daar is natuurlik ‘n rede hoekom ek so glo. Toe God mens gemaak het, het Hy eers vir Adam gemaak. Alleen. God het vir hom instruksies gegee sodat hy sy lewe agter mekaar kan kry. Adam het nie eers geweet hy het iemand nodig gehad nie. Inteendeel, Adam was so vervul dat God hom moes onderbreuk om n vrou te maak. Hier is n wenk vir jou, laat hy of sy jou eendag ontmoet terwyl jy besig is om jou beste lewe te leef. 

Dames in vandag se tyd gaan my hart uit na julle want dis vrek moeilik om ‘n oordentlike man daar buite te kry. Moet asseblief nie so frustreerd raak dat jy sal tevrede wees met enige man nie. Jy maak ‘n baie groot fout. Diamante kry n mens nie iewers op die grond nie, jy sal net klippe op die oppervlakes kry. As jy hulle maklik kry…hardloop weg! Julle sal mekaar wel vind, jy het nie nodig om desperaat te wees nie. Die Here het met een man begin. Hy het vir ewig vir ons gewys hoe verhouding veronderstel is om te begin. Die fondasie is die begin met een enkele persoon. Jy!

So, Poulus het in die boek van Korintiers genoem dat dit beter is vir jou om alleen te wees soos hy is. Hy het ook genoem dat jy eerder moet trou as wat jy brand met passie. Ek is seker mense sal met my verskil en dit is okay, maar ek sien dit so; As jy voel jy wil net trou sodat jy kan seks met iemand dan breek jy dit wat jou huwelik veronderstel is om te wees eendag net af net seks toe. Dan dink jy, jy is okay want teminste lewe jy nie meer in sonde nie. Hierdie is vir my persoonlik ‘n baie swak en vaak rede om te trou. As jy moet trou net om seks te kan kry dan glo ek is jou huwelik klaar gedoem. Maar tog noem Poulus dat jy moet eerder wag en ongetroud bly en jouself beheer. Hy noem dat die mense wat gaan trou baie moeilikheid sal kry in die lewe en hy wil ons spaar daarvan. Vir een of ander rede dink mense dat wanneer hulle trou gaan al hulle probleme weg gaan, en tog noem die Bybel vir ons anders. Ek het geleer dat jy weet nooit werklik wie jy is tot en met iemand vir jou vertel nie, en dit is wat ek glo die huwelik doen en dit is nie altyd maklik om te hoor nie.

Kom ons kyk na 12 voordele van “single” wees:

  1. Jy kan trou op eie tyd
  2. jy kan jou eie prioriateite beplan
  3. jy kan jou eie vriendskappe bestuur
  4. jy is in beheer van jou eie spasie
  5. jy is in beheer van jou verhoudings
  6. jy bestuur jou eie roeping
  7. jy is alleen verantwoordelik vir jou intelektuele groei en ontwikkeling
  8. jy is alleen verantwoordelik vir jou eie ligaam
  9. jy is in beheer van jou lewenspad
  10. jy is in beheer van jou waardes en standaarde
  11. jy is is in beheer van jou geestelike groei
  12. jy is in beheer van jou finansies

Die persoon wat jy eendag kies om mee te trou kan nie hierdie lys van jou bedreig nie. Ook nie van jou af weg vat nie. (tensy jy dalk mense om jou het en jouself omring met goed en mense wat jy nie moet nie). Maar wanneer jy trou moet hierdie lys steeds deel van jou lewe wees en jou veratwoordelikheid wees. Moenie rond speel met jou verhoudings nie. En moenie in moeilikheid in jaag nie. As ons na die egskeiding syfer daar buite kyk dan kan ons sien, mense dink nie voor hulle doen nie. Maar dit is is juis hoekom ek hier is om te probeer help lig op die onderwerp skyn.

Jy is nog nie reg om saam met iemand te bly of te lewe as jy dit nie eers by jouself kan doen nie. Jou verhouding eendag kan net so suksesvol wees soos jou “singleness” het een van menstors eendag genoem. So, as jy heeltyd tussen jou vriende wil wees en nie alleen wil wees nie, of as jy na harde musiek moet luister want jy wil nie alleen wees met jou eie gedagtes nie dan het jy probleem wat opgelos moet word. Jy kan nie alleen met jouself wees nie. Jesus moes regtig geweet het wat Hy gedoen het toe hy vir ons opdrag gegee het om ons self lief te kry soos ons naaste. Dit was vir my persoonlik ook tuff.

Die Here sal nooit teen jou wil gaan nie. Jy kan nie ander mense blameer vir die keuses wat jy (ge)maak het nie. Jy het ‘n verantwoordelikheid om ‘n persoon eers baie goed te leer ken en dan ‘n stap in geloof te vat om te trou.

Om te trou gaan nie die oplossing wees op jou alleenheid nie want die huwelik los nie die probleem van alleen wees op nie. Dit maak dit erger. Ek ken te veel getroude paartjies wat stok siel alleen in hulle huwelike voel. Dis ‘n aaklige plek om te wees. Die God het genoem dat dit nie goed is dat man alleen moet wees nie, maar God het Eva gemaak en Hy het haar na Adam toe gebring. Hy het vir Adam gewys, hier is Eva. As jy die skrif mooi in konteks gaan lees sal jy sien dat God vir Adam net nog ‘n mens gegee het. Adam het besluit hy wil haar sy vrou maak.

Om alleen te wees is baie beter as wat jy by die verkeerde persoon is. Moenie jouself as net “single” of “alleen” label nie. Jy is onafhanflik. Daar is iets baie mooi daaraan vir my want as jy gaan kyk na mense wat al baie lank alleen is, hulle weet wat hulle wil soek en dit gaan iets baie besonders vat om dit te verander. Jy moet eers tyd vat en kyk hoe besoenders is die persoon want jy is besonders. Respekteer jouself genoeg om te wag vir die regte persoon, ek weet ek het, en ek is nie eendag spyt daaroor nie.

Nathanya

xxxx

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: