Saam bly voor die Huwelik?

Na al die jare bly dit ñ vraag wat paartjies steeds bly vra. Is dit reg of is dit verkeerd, is dit ñ goeie of slegte idee? Ek het nou baie onlangs saam die Finese Tydskrif dieselfde vraag help antwoord.

Uit my persoonlike ondervinding moet ek vir jou vertel dat ek nie nodig gehad om eers saam iemand te bly om hom beter te leer ken nie. Ek was in n verhouding vir ñ hele paar jaar gewees en ons het net naweke by mekaar oor geslaap en gekuier en dit was meer as genoeg vir my om te sien of dit vir my kan werk of nie. Selfs as ons weg met vakansie gegaan het saam met sy of my ouers kon ek sien wat ek moes. Mense kyk mekaar mos uit om te sien of hulle ñ toekoms kan saam hê of nie. Soms kan net een slegte gewoonte of manarisme die verhouding maak of breek.

Ek het toe bietjie gaan sit en myself gevra wat is die voor en nadele daarvan om saam te bly voor die huwelik en moes myself ñ paar vraagies vra ook.

Die voordele is:

  • Julle kan mekaar se goeie en slegte gewoontes leer ken en besluit of jy daarmee kan saam leef of nie.
  • Jy kan sien hoe toegeweid die persoon is waneer dit kom by julle boundries. Boundries moet getrek en gekomunikeer word vooraf sodat elke party mooi verstaan. Hier kan jy sien of die persoon jou boundries respekteer. Soos byvoorbeeld  jou siening oor seks/intimiteit voor die huwelik.
  • Jy kan sien hoe leef die persoon met sy of haar huishoudelike pligte en of hy of sy dit na kom of nie. Byvoorbeeld netheid van die huis en hiegiene met hulself en die huis.
  • Kostes word gedeel – dis gewoonlik die hoof rede hoekom paartjies saam intrek. Ek en my man het het saam in getrek net voor ons verloof geraak het en dit het ons baie gehelp om te kon spaar vir die troue. Ons was toe reeds toegeweid teenoor mekaar en ons toekoms saam en het na ñ punt toe beweeg naamlik die huwelik.
  • Jy sien die persoon se ware kleure in alle seisoene, goed en sleg. Jy kry ñ baie goeie idee van wie die persoon werklik is.

Die nadele is:

  • Julle mis totaal en al uit op die hele nuut getroude lewe se uitdagings en ervarings wat julle saam kon deur werk in die begin van julle huwelik.
  • Jy is baie meer en makliker bloot gestel aan sekseule versoekings. As julle nie waardes of self-beheersing het nie kan dit gevaarlik raak.
  • Dit maak jou reputasie skade want sodra mense saam bly glo mense en sien mense van buite af dat julle reeds soos getroude paartjie lewe. Saam bly beteken saam slaap van buite af. Die vraag is wat se voorbeeld los jy vir ander en jou kinders eendag sou hulle saam iemand wou intrek?
  • Statestieke wys dat slegs 50% van mense wat saam intrek op eindig om met mekaar te trou.
  • Om saam te bly gee jou ñ baie goeie idee van hoe dit sal wees om getroud te wees met die persoon. MAAR dit beteken NIE dat julle verhouding gelukkig of suksesvol sal wees nie. Studies wys dat mense wat saam bly voor die huwelik is meer geneig om te skei as paartjies wat nie saam gebly het nie.
  • Dit is nie ñ werklike commitment nie. Baie paartjies glo om saam in te trek is ñ vorm van commitment, maar dit is nie. Getroude paartjies werk baie harder aan hulle verhouding as nie getroude paartjies. Paartjies wat nie getroud is nie loop baie makliker weg van hulle probleme af as getroude paartjies.
  • Kanse is baie groot dat julle ongelukkig deel kan word van die statestieke.

So in my persoonlike opinie is ek teen saam bly voor die huwelik al mag dit die moeiliker pad om te kies maar ek kan jou verseker dat dit lei na waardevolle eindbestemmigs.

Voor jy saam jou liefie wil intrek moet jy jouself die volgende paar vraagies vra:

  1. Wat is jou waardes en is jou maat bewus daarvan? En gaan dit gerespekteer word? As nie wat is die gevolge daarvan?
  2. Hoe baie beteken jou verhouding jou as jy weet die kanse daar is dat jy en jou verhouding ook net deel van die statestieke kan word? Is jy bereid om die verhouding te offer sou jy lang termyn planne in gedagte het?
  3. Aan wie wil jy gehoorsaam wees? Dit wat die wêreld en jou finansies sê of dit wat jou waarde stelsel is?

Ek moes baie eerlik met myself wees en vra hoekom sou die Here nie wil he ons moet saam bly voor n huwelik nie. As ek my skrif nou reg lees en verstaan is dit baie duidelik dat die Here ons teen ons self probeer beskerm as dit kom by versoekings. Owerspel en hoereëry. Hy wil nie hê ons moet die liefde/seks/intieme wakker maak voor sy tyd nie.

Ons kan redeneer en sê of julle nou saam bly of nie, sou julle naweke oorbly by mekaar en vakansies weg gaan saam sal julle ook versoek word. Ons het nie nodig om net saam te bly om versoek te word nie. Op die ou einde van die dag kom dit terug na jou waarde stelsel toe. Op wat baseer jy wat reg en verkeerd is in jou lewe?

My verwysings raamwerk is my Bybel. Dit is glad nie moeilik vir my om sulke besluite te neem nie omdat ek weet wat my waardes is, ek hou daar by maak nie saak wat nie.

Vandag kan ek vir jou met alle eerlikheid vertel as getroude vrou hoe spesiaal en rein ons huwelik is as gevolg van ons wat by ons waarde sisteem gehou het. Ons wou die Here eer met ons verhouding en ñ voorbeeld wees vir ander en wys dat dit wel moontlik is sou jy dit so kies. Dit was elke besluit en op offering die moeite werd gewees.

So, sal dit vir jou die moeite werd wees?

Saam intrek prentjie

3 thoughts on “Saam bly voor die Huwelik?

Add yours

  1. Ek stem 100% met jou saam. Die feit dat jy die huwelik en saamblyery eers ‘uittoets’, bepaal nie of jou huwelik ‘n sukses gaan wees of nie. Al wat op die ou end die sukses van jou huwelik gaan bepaal, is of jy bereid is om hard te werk daaraan, probleme te trotseer, en God se genade.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: